Sport

Afrikaanse Nuus - Sport

Kies 'n individuele sport (tans slegs in Engels):

Soccer    Rugby    Cricket Golf  Tennis


Beeld Sport
  • Hulle het Kaap-kloue
    Dis ’n Pumas-span met ’n Kaapse geur wat vanaand na Nuweland opruk en daarom sal die Westelike Provinsie op sy tone vir dié Curriebeker-rugbystryd moet wees.
  • Griekwas lus vir Luiperds; wil nie kleitrap in wegwedstryde
    Griekwas wil waak teen sy ou gewoonte van kleitrap in wegwedstryde wanneer hy vanaand vir ’n Curriebeker-kragmeting met die Luiperds op Olënpark in Potchefstroom aantree.
  • OP-Kings soek geskenk vir breier
    ’n Sege oor die Bolandse rugbyspan sal nie ’n slegte verjaardaggeskenk vir Alan Solomons, die afrigter van die Oostelike Provinsie-Kings, wees nie.
  • Haaie wil só toeslaan
    Die Haaie se grofgeskut is vir môre se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein op die plaasvervangersbank.
  • John glo Jantjies (19) het slaankrag
    John Mitchell soek ’n losskakel vir die Leeus wat vir teenstanders op die aanval kan naels wys. Dáárom het hy besluit om die tiener Elton Jantjies môre op Coca-Colapark teen die Blou Bulle in te span.
  • Vrystaat pak bank met Bokke
    Die afrigter van die Vrystaat, Naka Drotské, sê sy plaasvervangersbank is met drie Springbokke – die stut CJ van der Linde, die flank Kabamba Floors en die senter Meyer Bosman – die sterkste sedert 2007.
  • Bokke skree vir Aussies
    By die 90 000 mense is oorgehaal om op 21 Augustus in Soweto deel van die grootste skare by ’n rug-bytoets in Suid-Afrika sedert 1955 te wees.
  • Sachin (203) kasty Sri Lanka
    Sachin Tendulkar het gister in Colombo met sy vyfde dubbele honderdtal op eie houtjie Indië se hoop om die reekslouere met Sri Lanka te deel, lewend gehou.
  • Khotso is koning
    Khotso Mokoena het gister hier op die Afrika-atletiekbyeenkoms met sy sege in die verspring gewys hy het nie verleer hoe om te wen nie.
  • Tatta vir Simphiwe se titel?
    Dit wil voorkom asof Simphiwe Nongqayi se dae as die Interna­sionale Boksfederasie (IBF) se junior kapokgewig-kampioen getel is.
  • Div en Saru vergader
    Peter de Villiers het op versoek van die voorsitter die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se tegniese komitee, met beamptes van die rugbyunie vergader.
  • Griekwas verander vir Luiperds-stryd
    Die afrigter van die Griekwas het twee veranderinge gemaak aan die span wat teen die Luiperds in 'n Curriebeker-stryd in Potchefstroom sal uitdraf.
  • Monaco bly op F1-kalender
    Formule Een se kontrak met Monaco is vir 10 jaar hernu ondanks kommer dat dié land se wedren nie geld vir die sport maak nie.
  • McCaw erken hy't teen SA oortree
    Richie McCaw het erken hy het verskeie kere in die toetse teen die Bokke nie volgens die reëlboek gespeel nie, maar dat dít alles deel van rugby is.
  • Fotograaf moet wegbly van All Blacks
    Die fotograaf wat foto’s van die All Blacks se wedstrydplan geneem het is by enige verdere aktiwiteite van die Kiwi's in Melbourne verbied.
  • Pienaar pak tasse vir Ierland
    Die Springbok Ruan Pienaar is deur die Haaie vrygestel om by die Ierse rugbyklub Ulster, aan die begin van September aan te sluit.
  • SA ystermanne maak skoonskip
    Die atleet Burger Lambrechts het op die Afrika-atletiekbyeenkoms Suid-Afrika se eerste goue medalje in die gewigstoot vir mans gewen.
  • Só weeg Div en Jake op
    Die tekens is daar, maar Springbok-ondersteuners moet hoop die span se afrigter, Peter de Villiers, volg nie in die voetspore van sy voorganger nie.
  • Besin oor ‘boorvatte’, vra Jean
    Jean de Villiers het gewaarsku dat spelers strafskoppe gaan begin “melk” as daar ’n oordrewe klem is om die sogenaamde tip tackle uit te roei.
  • SA blaser het laaste sê oor toets
    “Dit plaas nie meer druk op hom nie.” Só het Saru se skeidsregterbaas, André Watson, gereageer oor die taak wat op Craig Joubert se skouers rus.