|
Suid Afrika

|
Beeld Suid-Afrika
|
-
‘Hoekom is ouers se gesigte nie op so ’n foto as grap?’
Hoekom het drie oudleerlinge van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria dan nie hul eie ouers se gesigte op ’n gemanipuleerde foto met sterk seksuele ondertone gesit as dit vir hulle net ’n onskuldige grap was nie?
-
Operasies wag oor talle met verlof is
Dit lyk of die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria gaan sukkel om sy agterstand in beplande (elektiewe) operasies wat tydens WB 2010 ontstaan het, binnekort uit te wis.
-
Landdros ‘weet nie van klagte’
Die hooflanddros in Lichtenburg teen wie verskeie klagte van wangedrag ondersoek word, beweer hy is nie bewus van so ’n ondersoek teen hom nie.
-
Padverkeerskorporasie gooi miljoene in water
Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het onder leiding van mnr. Ranthoko Rakgoale, geskorste uitvoerende hoof, minstens R144 miljoen in die water gegooi.
-
ANC wil media met totale aanslag in bek ruk
Die ANC beoog ’n totale aanslag teen die gedrukte media wat hy met wetgewing en ondersoeke in die bek wil ruk.
-
Panjo: ‘Ons is nou weer ’n familie’
“Ons is nou weer ’n familie.” So het die Fernandes-gesin gister gesê terwyl hulle hul tier Panjo sagkuns gestreel en liefkoos het.
-
2 sê ja om gratis te moor
Hy en mnr. Glenn Agliotti het besluit hulle sal die mynmagnaat mnr. Brett Kebble verniet help om sy lewe te beëindig, al het hulle vroeër ooreengekom om R2 miljoen daarvoor te vra, het mnr. Clinton Nassif gister getuig.
-
‘Taal word op die brandstapel geplaas’
Die tempo waarteen Afrikaans by die Universiteit van Pretoria (UP) afgeskaal word, kan beteken dat die taal teen 2015 heeltemal afgeskaf sal wees, het AfriForum Jeug gister gewaarsku.
-
Roux dans op sy bors ...
Hoe span jy die kroon op ’n luisterryke loopbaan van 49 jaar as een van die vooraanstaande rugbyfotograwe ter wêreld?
-
Brief gee riglyne aan skole oor toelating
Dit lyk nie of die Gautengse onderwysdepartement enigsins van plan is om op te hou inmeng by die funksionering van skoolbeheerliggame nie.
|
|
.:: Radio Sonder Grense Nuus Bulletins ::.
|
-
Bulletin (28 Julie 2010 12:00)
Die dodetal na 'n vliegongeluk in Pakistan het tot minstens 25 gestyg. Volgens die munisipale-owerheid in Pakistan is daar, teenstrydig met vorige berigte, nog geen oorlewendes gevind nie. Die Airbus 321, van die privaatredery, Airblue het in gure weer in die heuwelagtige gebied naby Islamabad neergestort. Reddingspogings gaan voort. Brande in die bebosde gebied en die ligging van die ongelukstoneel bemoeilik egter die taak.
-
Bulletin (28 Julie 2010 17:00)
Een van die vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op drie mense op 'n plaas in Mooirivier, is deur die KwaZulu-Natalse polisie doodgeskiet. 'n Woordvoerder, Jay Naicker sê die verdagte is geskiet toe hy 'n polisielid se vuurwapen afgeneem en hom probeer skiet het. Die vier verdagtes is vroeër vandag in verband met die moord op die boervrou, Lorraine Karga en haar twee werkers, Zakwe Mhlongo en Hilda Linyene aangekeer.
-
Bulletin (29 Julie 2010 23:00)
Die minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu het wéér hernieude oproepe deur parlementslede verwerp om verslae oor diensvoorwaardes in die weermag bekend te maak. Sy hou vol dat die inhoud van die verslae eers bekendgemaak sal word wanneer die ondersoek afgehandel is. In een van die verslae, wat aan die media uitgelek het, word daar na bewering gewaarsku dat die moraal van weermaglede so laag is dat dit nasionale veiligheid bedreig. Sisulu het beskuldigings van die DA verwerp dat sy die verslae toesmeer, en het beklemtoon dat daar nié 'n krisis in die weermag is nie.
-
Bulletin (28 Julie 2010 07:00)
'n Man is dood toe 'n trein hom naby die Tygerbergstasie in Parow naby Kaapstad getref het. 'n Woordvoerder van ER-vier-en-twintig, Tristan Wadeley sê die trein was onderweg na Kaapstad, toe die man die spoor oorgesteek en deur die trein getref is. Volgens Wadeley was die slagoffer reeds dood toe paramedici op die toneel aangekom het.
-
Bulletin (29 Julie 2010 23:00)
Die Wêreldbank sê Suid-Afrika moet klem lê op produktiwiteit en mededinging om die ekonomie aan te help en werk te skep. Die bank het sy tweede verslag oor die beleggingsklimaat in Suid-Afrika bekendgemaak. Die samesteller van die verslag, Taye Alemu Mengistae sê Suid-Afrika se sake-omgewing vergelyk gunstig met soortgelyke ekonomië wêreldwyd. Hy het egter 'n beroep gedoen dat meer pogings aangewend moet word om die markaandeel van doeltreffende besighede te vergroot. Mengistae sê produktiweit moet egter verbeter.
-
Bulletin (28 Julie 2010 15:00)
Die soektog na die Bengaalse tier, Panjo, wat sedert gisteroggend soek is, gaan vanmiddag voort. Die tier is omstreeks 11-uur vanoggend op 'n plaas naby Bronkhorstspruit in Mpumalanga gesien. Volgens 'n lid van die soekgeselskap en seun van die eienaar van die tier, Justin Fernandes, hoop hulle om spore te vind wat hulle kan volg. Panjo se eienaar het sedert sy verdwyning rugbaar geword het, talle oproepe ontvang oor waar die tier hom bevind. Panjo is met die hand grootgemaak en was agterop sy eienaar se bakkie onderweg veearts toe, toe hy weggeraak het.
-
Bulletin (29 Julie 2010 23:00)
'n Groot groep leerders van verskillende skole in die Kaapse Skiereiland het vir 24 uur begin vas om die aandag op skoolbiblioteke te vestig. Die groep, onder leiding van die organisasie "Gelyke Onderwys", trek in Khayelitsha saam om op dié manier druk op die owerhede uit te oefen om meer biblioteke - veral in townships - te bou. Gelyke Onderwys voer die afgelope jaar reeds 'n veldtog dat 'n beleid oor skoolbiblioteke gevorm word.
-
Bulletin (28 Julie 2010 09:00)
'n Onafhanklike taakspan gaan saamgestel word om advies te gee oor die dooie punt tussen die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en die Reguleringskomitee wat verantwoordelik is vir die bepaling van die maatskappy se tariewe. Die Departement van Vervoer sê daar is hoop dat die kwessie spoedig opgelos sal word. Die departement het 'n verklaring uitgereik ná 'n vergadering gister tussen die Minister van Vervoer, Sibusiso Ndebele, die Reguleringskomitee en ander rolspelers.
-
Bulletin (29 Julie 2010 23:00)
Die suster van die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, Sabina is ná 'n lang siekbed oorlede. Sy was 76 jaar oud. Sabina is beskou as Mugabe se naaste oorlewende vertroueling in sy familie. Sabina het in 2008 uit die politiek getree nadat sy jare lank 'n parlementslid vir die regerende party was. ZANU-PF het haar as nasionale heldin verklaar. Sy word Sondag in die helde-akker in Harare begrawe.
-
Bulletin (29 Julie 2010 23:00)
Die afrigter van die nasionale rugbyspan, Peter de Villiers is daarvan aangekla dat hy SANZAR se gedragskode verbreek het. Die rugby-liggaam vir die suidelike halfrond, het De Villiers ingelig dat hy voor 'n tugkomitee moet verskyn. Dit hou verband met De Villiers se uitlating op 'n Australiese televisieprogram dat dit 'n goeie ding is dat Nieu Seeland die afgelope twee wedstryde in die Drienasiereeks gewen het, sodat hulle aanstaande jaar na die Wêreldbekerreeks meer mense kan lok. SANZAR sê dit lyk of De Villiers daarop gesinspeel het dat die All Blacks bevoordeel word. Die tugverhoor sal aanstaande week plaasvind.
|
|