Sake & Finansiëel

Afrikaanse nuus - Sake en Finansiëel

Finansiële Aanwysers...

Sake24 Algemene Sakenuus
  • Engen beklink Afrika-oornames
    Engen het amptelik die tjeks geteken vir die oorname van die Amerikaanse oliereus Chevron se brandstofverspreidingsondernemings in Zambië, Malawi en die eiland Reunion.
  • Sindikaatlid kry 8 jaar
    ’n Lid van die sogenaamde Naqvi-sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens met miljoene rande bedrieg het, is vandeesweek vir agt jaar tronk toe gestuur.
  • SABMiller kan gedempte groei troef
    SABMiller het in die eerste ses maande van sy huidige boekjaar goeie vordering gemaak om sy skuld af te bring, maar swakker verbruikersmarkte in Europa en die VSA plaas groei onder druk.
  • Life Healtcare positief oor groei
    Life Healthcare se genormaliseerde verdienste per aandeel asook sy omset het in die boekjaar tot einde September verstewig.
  • Motorverkope styg steeds
    Motor-verkope vir September 2010 is op met 14,7% jaar op jaar - van ’n hersiene 25,4% (24,6%) in Augustus, volgens Statistiek Suid-Afrika.
  • Immigrasieplan ‘is waansinnig’
    Verteenwoordigers het bedenkinge uitgespreek oor die voorgestelde wysigings aan die Immigrasiewet.
  • Klein skare betoog teen verkeerswet
    Net ’n paar honderd betogers het aan ’n optog deelgeneem teen die omstrede Aarto-verkeerswet by die Uniegebou in Pretoria.
  • SAL lei weer vlieëniers op
    Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan sy opleidingsprogram vir vlieëniers weer op die been bring nadat dit vroeër gestaak is om koste te bespaar.
  • Finansiële poste bly in gevaar
    Die vaardigheidstekorte in die finansiële sektor beteken steeds nie dat huidige bankwerkers nie hul werk kan verloor nie.
  • Gehalte van motors verbeter
    Die gehalte van voertuie in Suid-Afrika het die afgelope jaar wéér verbeter.
RSG Geldsake met Moneyweb