Sport

Afrikaanse Nuus - Sport

Kies 'n individuele sport (tans slegs in Engels):

Soccer    Rugby    Cricket Golf  Tennis


Beeld Sport
  • Dit reën paaltjies
    Sestien paaltjies het gister hier op die eerste dag van die derde en laaste kriekettoets tussen Engeland en Pakistan geval.
  • Taai stryd verwag tussen Kings en Bulls
    Vandag se kragmeting tussen die Southern Kings en die Bulls hier in die Nelson Mandelabaai-stadion is veronderstel om ’n vriendskaplike een te wees.
  • Blitse soet én suur
    Die plan was om te bly fokus op hul eie spel en doelwitte en hulle nie te steur aan die eksterne faktore in die Westpac-stadion nie, of dat hulle (al weer) teen Fidji in die kwarteindstryd moes speel nie.
  • Wind 'waai' spelers van baan
    Beamptes van die Europese Reeks het besluit dat die Qatar-meesterstoernooi oor slegs 54 putjies beslis gaan word nadat spel Vrydag op die tweede dag van dié gholftoernooi weens sterk wind oor die baan van die Doha-gholfklub afgelas is.
  • Blitsbokke pak Fidji in kwarteind
    Paul Treu se Springbok-Sewesspan het Vrydag bo geëindig in sy groep in die Wellington-toernooi van die Internasionale Rugbyraad se Sewesreeks.
  • Black Caps te goed vir Zim
    Nieu-Seeland het Zimbabwe Vrydag in Dunedin maklik geklop in die eerste eendagwedstryd in hul reeks.
  • Rugby kry nou witkaart
    Dissipline sal die wagwoord van elke rugbyspeler in vanjaar se Super-reeks móét wees nadat bekend gemaak is dat geelkaarte nou ná wedstryde ook toegeken kan word.
  • Rekord wink vir Misbah se span
    Nog nooit in die geskiedenis van toetsreekse tussen dié lande, wat oor 58 jaar strek, het een van die spanne skoonskip in ’n reeks gemaak nie.
  • Daly laat sy stokke ’n slag praatwerk doen
    Gholf se stoutste seun, John Daly, het die horlosie gister in Doha teruggedraai en die eerste ronde van die Katar-meesterstoernooi een hou agter die voorloper afgesluit.
  • Ponting en Clarke laat Indiërs wéér les opsê
    Indië se treurmare op die krieketveld teen Australië het gister op die eerste dag van die vierde en laaste toets in Adelaide voortgeduur.
Nuus24 Sport