|
Suid Afrika

|
Beeld Suid-Afrika
|
-
200 woorde in WAT al geborg
“‘Sjoe!’ en ‘aikôna!’ is my alternatiewe gebruikersname op verskeie internetforums,” het Artemov gesê. “Hulle klink vreeslik fris en eksoties hier.”
-
Dáárom in staat se visier
’n Senior staatsadvokaat se weiering om ’n bedrogondersoek teen die polisie se geskorste misdaadintelligensiehoof te laat vaar, is die ware rede waarom sy met skorsing gedreig word, het Beeld verneem.
-
'Sluit net jul deure vir 'n paar maande'
“Sluit jul deure vir ’n paar maande, dan kan julle weer in April oopmaak wanneer ons geld het om vir julle te gee.”
-
‘Sexy?.?.?. wie, ek, Bobby?’
Bobby van Jaarsveld het eers gedink hy hoor verkeerd toe hy as die plaaslike Cosmopolitan se sexyste man van die jaar aangewys is.
-
Egpaar eis R2 m. oor ‘Tonge los’ se ‘porno’
Die rolprentvervaardiger FC Hamman en sy vrou, Annie, het ’n eis van R2?miljoen ingestel teen onder andere MultiChoice (spesifiek die kanaal kykNET) en Christo Gerlach, vervaardiger van die kykNET-program Tonge los.
-
'Taalwet skend niemand se regte'
Die departement van kuns en kultuur het gister ontken dat hy enigeen se grondwetlike regte skend met sy Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale.
-
Bende oorval gryse
’N 84-jarige wewenaar is gister met moontlike inwendige bloeding in die Krugersdorp-hospitaal opgeneem nadat drie rowers hom helder oordag in sy huis oorval en erg aangerand het.
-
23 jaar vir man wat sy ma verwurg, versteek
Die man wat sy ma verwurg en haar lyk twee dae lank in haar kamer versteek het terwyl hy en sy sesjarige dogtertjie normaalweg in die huis voortgegaan het, is gister vir 23 jaar lank tronk toe gestuur.
-
Pta-buurt se huisies vir wagte moet waai
Die Tshwane-metro en inwoners van Brooklyn is haaks weens die munisipaliteit se “kleinlike besluit” dat houthuisies vir veiligheidswagte in dié buurt moet waai.
-
Om alles weer self te doen
Thomas Ferreira staan met ’n vasbeslote uitdrukking van die terapiebed op en gaan sit in sy rolstoel.
|
|
.:: Radio Sonder Grense Nuus Bulletins ::.
|
-
Bulletin (3 Februarie 2012 18:00)
Swaar reën het lugverkeer by die Port Elizabethse Lughawe ontwrig. 'n Aantal vlugte is gekanselleer, moes na ander lughawens uitwyk of is vertraag. 'n Woordvoerder van die Lughawens Maatskappy van Suid-Afrika, Colin Naidu sê nege vlugte na Port Elizabeth is weggewys, terwyl ander gekanselleer of uitgestel is. Naidu sê egter die lughawe is steeds in bedryf. Hy sê elke keer as die reën effens opklaar, word sommige vlugte ingepas.
-
Bulletin (4 Februarie 2012 07:00)
Minstens 220 mense is nou dood weens die ysige koue in Oos-Europa waar die temperature die naweek nog verder gaan daal. Die Oekraïne het die ergste deurgeloop met die dodetal wat tot minstens 101 gestyg het. Vier-en-sestig van dié sterftes is mense wat op straat weens die koue omgekom het. In die suidwestelike deel van die Tsjeggiese Republiek is minus 38 grade celsius aangeteken en duisende mense is steeds in bergdorpies in Serwië vasgekeer. In Venesië in Italië het die waterweë begin vries. In die armste Europese Unie-lande sterf mense op straat en op sommige plekke is mense langs die kant van die pad dood gevind en ander is in hulle huise, wat sonder verhitting is, dood. In Brittanje staal mense hulle ook vir sneeu nadat die temperatuur op plekke tot minus 11 grade gedaal het.
-
Bulletin (5 Februarie 2012 13:00)
Die polisie in Mpumalanga het vyf mans in hegtenis geneem in verband met vermeende bende-aktiwiteite in Hazyview en omliggende gebiede. Die verdagtes is met ongelisensieërde vuurwapens, plofstof en ammunisie betrap. Die polisie het 'n wenk vanuit die gemeenskap ontvang. Volgens berigte het die verdagtes op die polisie begin skiet toe genader word. Verskeie polisievoertuie is beskadig. Die verdagtes word met verskeie misdade verbind, wat onder meer kitsbank-onploffings insluit.
-
Bulletin (4 Februarie 2012 10:00)
Die uitslag van die ANC se dissiplinêre appèlkomitee oor die lot van die president van die ANC Jeugliga, Julius Malema en vyf ander later vandag, gaan 'n reuse impak hê op die party in aan loop tot sy beleids- en verkiesingskonferensies later vanjaar. Malema en vyf senior leiers van die Jeugliga sal omstreeks halftwaalf weet wat hulle toekoms in die ANC is. Die uitslag van hulle appèl teen hul skorsing uit die ANC sal deur die voorsitter van die appèlkomitee, Cyril Ramaphosa aangekondig word. Die verrigtinge by Luthuli Huis in Johannesburg sal regstreeks vanaf elfuur op SABC twee uitgesaai word en die uitspraak word ongeveer half-twaalf verwag.
-
Bulletin (5 Februarie 2012 13:00)
Die polisie in Limpopo ondersoek verskeie sake van moord en verkragting in verskillende dele van die provinsie. 'n 49-jarige man is naby Westenburg in Polokwane doodgesteek. Op Bolobedu is 'n 19-jarige seun by 'n kroeg doodgesteek, terwyl 'n Zimbabwiese burger op die Masakhaneng dorpie in hegtenis geneem is vir die vermeende verkragting van sy agtjarige stiefdogter. Intussen is 'n 49-jarige man by die Motlolo-nedersetting by Burgersfort vir koperdiefstal in hegtenis geneem. Die polisie het in die proses beslag gelê op koperkabel ter waarde van meer as 'n halfmiljoen rand. Volgens die polisie het die verdagte ook probeer om beamptes met 30-duisend rand om te koop. Hy sal aangekla word van diefstal en omkopery.
-
Bulletin (3 Februarie 2012 23:00)
Een-en-tagtig persent Suid-Afrikaners wat in stede woon glo dat hulle kraanwater veilig is om te drink. Volgens die Water Navorsingskommissie is vroue minder seker en geneig om water te kook, te filter of gebottelde water te koop. Jongmense is meer positief as ouer mense. Geografies het verbruikers in eThekwini in KwaZulu die meeste vertroue in kraanwater terwyl diegene in Mangaung in die Vrystaat die minste vertroue in dié water het. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Dhesigen Naidoo, sê sy bevindinge dui daarop dat hoewel mense met reg bekommerd kan wees oor die gehalte van kraanwater, glo die meeste mense dit is oor die algemeen goed.
-
Bulletin (5 Februarie 2012 13:00)
'n Man is dood toe hy op Alexandra noord van Johannesburg in 'n drein geval het. Johannesburgse nooddienste sê die ongeluk het vanoggend omstreeks tweeuur gebeur. Die man was in sy vyftigs.
-
Bulletin (3 Februarie 2012 16:00)
'n Vermeende reeksverkragter wat beskuldig word van die verkragting van 40 meisies tussen 10 en 14 jaar is in die Albertonse Landdroshof aan die Oosrand, borgtog geweier. Die landdros het borgtog geweier omdat die verdagte voorheen aan verkragting skuldig bevind is en gevangenisstraf uitgedien het. Die media is beveel om nie die verdagte se naam bekend te maak nie, omdat dit 'n sensitiewe saak is. Verskeie slagoffers het die verdagte uitgeken. Die saak is tot aanstaande Vrydag uitgestel.
-
Bulletin (5 Februarie 2012 13:00)
Inwoners van Pinelands naby Kaapstad kan vir die grootste deel van die dag sonder water wees nadat 'n waterpyp gebars het. 'n Woordvoerder van die stad se departement van water en sanitasie, Farouk Robertson sê technici werk sedert vroeg vanoggend aan die probleem. Die provinsie gaan gebuk onder 'n hittegolf, met temperature van tot 37 grade Celsius wat verwag word. Robertson sê die stad sal watertenks voorsien.
-
Bulletin (4 Februarie 2012 08:00)
Siriese magte het volgens berigte minstens 217 burgerlikes doodgeskiet in die stad Homs - in wat as 'n slagting bestempel is. Die Siriese Observatory for Human Rights sê 138 mense is dood in mortieraanvalle in die Al-Khalidiya distrik van Homs. Dié gebied is die afgelope tien maande 'n brandpunt waar protesoptrede teen president Bashar Assad se regering gereeld voorkom. Die organisasie sê 79 mense is in ander dele van die stad dood, asook in die Siriese hoofstad, Damaskus. Die direkteur van die Siriese Observatory for Human Rights, Rami Abdel Rahman, het dit as is 'n slagting bestempel en die Arabiese Liga se onmiddellike ingryping geëis. Die Al-Jazeera en Al-Arabiya televisiestasies het beeldmateriaal van slagoffers wat op die grond lê uitgesaai.
|
|